"Suidwester" <wrote
> ------Net oor ek die verlede vertolk soos wat dit werklik is?
Geen ordentlike historikus sal ooit so 'n onwetenskaplike stelling maak
nie!
Want almal wéét dat NIEMAND, behalwe God, die verlede vertolk soos wat dit
werklik is nie! Ons het elkeen sy eie vertolking van die geskiedenis!
> Niks, maar niks in die lewe is alles net goed of net sleg nie.
'n "Sweeping statement" waaroor jy nie nagedink het voordat jy "send"
gedruk
het nie. Moord is sleg - punt, klaar, uit en gedaan! Diefstal is sleg -
punt, klaar, uit en gedaan! So lieg en bedrieg! Hoerery! Prostitusie!
Egskeiding! Ongehoorsaamheid! En as ons iets goeds daarin soek, is dit
gewoon net omdat ons ons slegte gedrag wil regverdig!
> Die vraag is net of jy die intelligensie besit om die kaf van die koring
> te skei. Duidelik nie. Dis net mense soos jy en Ferdi Greyling wat
dink
> dat daar mense is wat die ou apartheidsisteem weer wil hê.....want dit
was
> verkeerd. Ons sal wel nie omgee om die goeie administrasie en puik
> infrastruktuur en lae misdaadsyfers van daardie era weer te sien nie.
> Mense soos ons wat nie omgee wie aan die beheer van 'n regering is
> nie...solank hulle 'n billike werk doen......moet egter nie stres nie.
> Jy en hy KAN dit nooit begryp nie. Dis nie in julle begripvermoë om te
> verstaan dat 'n mens nie noodwendig jou standaarde moet verlaag net om
> polities reg te wees nie! Daar is geen verskoning vir swak werk nie.
> Hoe sal jy dit verstaan, jy't nooit gewerk nie en Ferdie....hy wag
vir
> aftrede.
En soos in soveel ander poste, maak jy nie net onwetenskaplike stellings
en
"sweeping statements" nie, jy sluit die "argument" met persoonlike
aanvalle!
Daarmee sê jy méér oor jouself as oor Gloudina en Ferdi!


|