Torreke skryf
> Maar het die Afrikaners geleer uit hulle verlede van onderdrukking
> deur die Engelse? Nee! Ons het dieselfde foute weer gemaak! 'n Mens
sou
> dink ons sou geleer het uit ons eie reaksie oor die Engels wat Lord
Charl=
es
> Somerset en Alfred Milner in ons kinders se kele afgedruk het, maar,
nee,
> ons gaan druk Afrikaans in die swart kinders se kele af!
En as die Afrikaners wat daardie beleid van Afrikaans-
in- die- nie-blankes- se- kele- afdruk, maar kon weet hoe
vol toegene=EBntheid daardie selfde nie-blankes vir die
Afrikaanse taal was, voordat dit in hulle kele afgedruk
is. Dit was my ondervinding in swart skole, tot tyd en
wyl Bantoe-Onderwys die toneel verander het: die
studente was gretig om Afrikaans te leer. Di=E9 wat dit
redelik goed geken het, was trots op hulle kundigheid.
Di=E9 wat dit nie so goed geken het nie, het hard gewerk
om dit aan te leer. Ek het ook dieselfde neiging gevind
in die swart personeel - hulle was gretig om te wys hulle
ken Afrikaans. En as hulle dit nie so goed geken het nie,
was hulle gretig om dit aan te leer. Ek het vrywillige
klasse
in Afrikaans aan talle swart personeellede op Adams
College gegee, en elke week een aand Afrikaanse klasse
gaan gee by Umbumbulu se community centre, wat deur
ou Miss Makhanya gere=EBl is.
Gloudina


|