Torreke skryf
> Mense leef in gemeenskappe wat sekere eienskappe in gemeen het, taal,
> kultuur, godsdiens, werk, ens. Daar is altyd mense wat in die
middelpunt
> van die groep is wat nie met mense van 'n ander groep wil meng nie, en
da=
ar
> sal altyd mense aan die rand van die groep wees wat met di=E9 aan die
ran=
d van
> die ander groep meng.
> Die grootste fout wat mense maak, is om mekaar te veroordeel omdat die
een
> nie soos die
> ander een is nie, in plaas daarvan om in te sien dat albei noodsaaklik
is
> vir die voortbestaan van die samelewing.
>
> Di=E9 in die middelpunt van die groep beskuldig gewoonlik di=E9 aan die
r=
and dat
> hulle "liberaal" is, en dat vermenging met die ander groepe die
> verskeidenheid uitwis!
> Ek veronderstel dat die voortdurende spanning tussen die 2 ook goed vir
d=
ie
> samelewing is, want so hou ons mekaar in toom!
Alles wat jy hier s=EA, is natuurlik waar, en as mense net
hierdie "toneel" wat jy beskryf wil respekteer, dan
funksioneer so 'n samelewing normaal. Maar as daar
dan 'n malfunksie plaasvind, en een groep die ander
begin beskuldig van "nie-patriotisme" en die ander
groep begin vervolg, dan gebeur die giftige diktator-
skappe, een waarvan in SA vir veertig jaar al hoe
meer hoogty gevier het.
Gloudina


|