"Suidwester" < wrote
>> Nee, jou hele visie is gekleur deur rassisme!
> -----Dit beveg ek. Hoe bepaal jy dit? Omdat ek sê kolonialisme het
'n
> funksie gehad? Duidelik is jy een van die wat weghol met slagspreke
> sonder om jou logika te gebruik. Ek het nie 'n probleem daarmee om 'n
> lbanke persoon te wees nie en ek is trots op my wit vel. Ek sal nie te
> opgelklits wees as my kind met 'n swart persoon wil trou nie, maar net
so
> sal ek nie mal wees as die kind met bv. 'n Engelsman wil aanhaak nie.
Ek
> glo mense het voorkeure en jy mag daai voorkeure uitleef....net solank
jy
> nie 'n ander persoon benadeel of te na kom agv van jou voorkeure nie.
Ek
> neem aan jy's 'n wit man, waar is jou huis? In Soweto of een van die
> bekende swart gebiede? As dit nie is nie, hoekom nie? Jy kan
goedkoper
> grond daar kry, hoekom bou jy dan nie daar nie?
Ek hoor wat jy sê.
>> Jy het op die PUK geswot, maar het klaarblyklik NIKS daar geleer nie!
> ------Behalwe vir die feit dat godsdiens die grootste enkele faktor is
in
> enige konflik op hierdie aarde, is daar maar niks, maar niks wat so
> veroordelend as 'n kerker wat reken net omdat hy kerk toe gaan en sy
> tiendes gee en in die aand sy Bybel lees en bid, nou het hy die reg om
> homself hoogheilig te hou terwyl hy/sy self lekker droogmaak? Hulle
wat
> dink daar's 'n 'delete'-knoppie wat die geloof jou gee wat jou vergifnis
> gee van enige oortreding?
As jy my verwysings na die Bybel en geloof, die erkennings oor my eie
swakhede, wat al by herhaling in poste op hierdie ng verskyn het, in
gedagte
gehou het, sou jy my nooit van hoogheiligheid en/of skynheiligheid
beskuldig
het nie.
Die punt is: Die EEN ding wat jy van die PUK af behoort saam te geneem
het,
is die beginsel dat God se Woord op alle terreine van die lewe geld en van
toepassing gemaak moet word. As jy DIT NIE met jou saam geneem het van
die
PUK af nie, het jy werklik arm daar weggegaan en die hele punt van die
"CHO"
gemis.
My ervaring met ouens wat die Bybel nie in die politiek of in die
wetenskap
of in die werkplek wil hê nie, is gewoonlik dat sulke mense nie in hulle
gewetens gepla wil word nie. Hulle wil maak soos HULLE wil, nie soos GOD
wil nie!
Een van twee: Of God is God oor die hele lewe of Hy is nie God nie! Of
jy
luister elke dag na wat Hy sê en probeer dit doen of jy luister gladnie!
Daar is nie 'n middepad nie! As jy God Maandag by die huis wil los, stel
Hy gladnie belang of jy Sondag in die kerk was nie - dan sê Hy: Staak
liewers jou godsdiens! Ek wil nie na die geraas van jou gebede luister
nie!
>> Was jy ook een van daardie Suidwesters wat drie-uur in die nag Gatland
se
>> trappe opgekruip het - op die PUK net omdat dit die naaste aan Suid-Wes
>> was?
> -----Vir jou inligting drink ek glad nie, bloot net omdat alkohol nie
vir
> my lekker is nie en ek hou ook nie van die effek wat dit op my het nie.
> Ek het nie 'n 'boost' vir my gemoed nodig nie. Daarvoor stap ek net so
> 'n draai deur die veld en neem so 'n paar fotos van so 'n paar bokke,
> dan's alles rustig.
Ek is bly om dit te hoor.
O, en Gatland was nie die enigste koshuis met Suidwesters
> nie......
Ek weet. Het "Gatland" bloot maar as voorbeeld gekies.... Veral ook
omdat
die koshuis se naam so treffend is. 'n Inwoner van Gatland het by
geleentheid vir my vertel hoe hulle 3-uur die nag na 'n "party" by Potch
Dam
Gatland se trappe opgekruip het!
>en die PUK was gekies vir die akedemie en die feit dat die voorstitter
van
>die rekenmeestersraad op die PUK was.
Daardie "akademie" was ingebed in die beginsel van "CHO". Of het dit vir
jou nie saak gemaak nie? Dop mens die CHO-gedeelte soos 'n eierdop af ?
>> Jou reaksie klink eerder na huil. My liewe pa het altyd gesê: As die
>> hond tjank, weet jy die skoot was raak!
> ----Presies, presies. Ek kon dit nie beter vir jouself stel nie!
> Watter insig!
Die woord "foeitog" wat jy by herhaling in jou vorige pos gebruik het, is
die reaksie van 'n tjankbalie wat nie weet wat anders om te antwoord nie.
Sal jy so vriendelik wees om uit te wys in watter woorde wat ek gebruik
het,
jy 'n huilklankie gewaar het?


|