"Suidwester" < wrote
> ---------Nou wat anders gaan maak mens op 'n universiteit...behalwe jol
as
> jy so ingestel is en ryk ouers het?
As jou universiteit nie jou lewens- en wêreldbeskouing gevorm het nie, jou
krities leer dink, weeg, evalueer en hoe om 'n beginselstandpunt stel nie,
kon jy net sowel nie soheentoe gegaan het nie. Die kennis kon jy ook uit
boeke gelees het. Voorbeelde van sulke mense is legio, bv. die
Amerikaanse
skrywer Louis L'Amour, wat nie eens matriek gehad het nie, maar 'n reuse
biblioteek in sy studeerkamer en verstommende kennis en skrywerstalent!
> Ons het mos so 'n verpligde vak gehad....ek kan nie die naam onthou nie,
> maar voor dit was dit Etiek en Logika wat dit vervang het.
In my tyd is dit "Interfakultêre Wysbegeerte" genoem.
>Dit was 'n lekker slaapperiode
Kan dit goed glo!
Tog moes jy wel iets waarvan ek praat, daar geleer het, want jy moes die
vak
deurkom om jou graad te kry.
>want hiermee het hulle mooi die ideologie van 'n Christelike Universiteit
>ingehamer. Altyd gedink dis 'n mors van tyd want ek het gekom om 'n graad
>te swot, nie om 'n kerk te kom bywoon nie. Selfs in die koshuis was jy
>verplig om op Sondae kerk toe gegaan. Dit het my permanent genees van
>kerk en sy dinge.
Weet nou nie wie jou verplig het om kerk toe te gaan nie, maar dit was nie
deel van die PUK se koshuisreëls nie.
Ek sou dit nie juis "genesing" noem dat jy jou rug op die kerk gekeer het
nie.
> Maar op hierdie onderwerp. Wat is dit dat die mense rondloop met
hierdie
> naamplaatjie aan: 'Ek is 'n Christen'. Dit, volgens hulle, waarborg
> hul eerlikheid en goed wees.
Baie beslis waarborg christenskap nie eerlikheid en goed wees nie!
Christenskap sê dat iemand 'n volgeling van Christus is - d.i. 'n sondaar
wat hom-/haarself nie kan red nie, maar wat sy/haar lewe en verlossing by
Christus soek.
> Dis tog nonsens. Van die grootste skelms wat ek al mee te doene
gehad
> het, was volgens hulle Christene. Gaan kyk in die kerkrade en loer
> bietjie na die private lewens van hierdie groot kerkmense. Hulle drink
> en hoereer in die week met die wete dat daar 'n 'delete' knoppie êrens
is
> wat sy gewete kan sus. Een dominee het my met besigheid verneuk en toe
> gereken dat dit 'besigheid' is en boggerall te doen het met sy geloof.
> 'n Ouderling wat my aangespreek het omdat ek op 'n Sondag gaan visvang
> het, se drankrekening is duidende per maand en jy kan omtrent op enige
dag
> al voor 10 uur die oggend sy asem vir 'n tiekie-'n-tot verkoop!
Ja, daar is ongelukkig baie wat hulle in die naam van christenskap
onchristelik gedra. Dit mag moontlik 'n beduidende persentasie wees -
selfs
die meerderheid. Jesus self het gesê: "Nie elkeen wat vir My sê: 'Here!
Here!' sal ingaan in die Koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil
van my Vader wat in die hemele is, doen." Maar daar is ook miljoene
Christene wie se geloof erns is en wat opreg probeer om God se wet te
onderhou, al gaan dit dikwels met struikeling en sonde gepaard.
Punt is, Suidwester, Christenskap beteken nie dat iemand sonder sonde of
volmaak is nie - Christenskap beteken dat mens juis as gevolg van jou
sonde
verlossing by Iemand anders, nl. Christus, soek.
Ek het jou in 'n ander pos gesê: My ervaring is dat iemand wat 'n slegte
gewete het, vinnig is om fout by sy opponent te soek. Kom ek verfyn dit:
Iemand wat iets het om weg te steek, is vinnig om fout by die kerk, die
ouderling en die predikant te soek. Moet dit nie eens probeer ontken nie,
man. Ek het baie jare se ervaring hiervan! Ek ken al die simptome. Ook
dié van kamtig belangstellend my opinie vra oor die sondes van die vaders
wat aan die kinders besoek word waarmee jy my argument oor God wat of God
vir die hele lewe is of gladnie God nie, gesystap het. Jy kruip
gerieflik
weg agter jou beskuldigings teen God wat liefdeloos sou wees, die kerk en
die ouderling en die predikant wat dan skynheilig sou wees, alles om jou
eie
onwilligheid om jou te bekeer van jou ingeslane pad, te verbloem en/of te
regverdig!
> Ek? Ek glo dat as 'n mens in homself goed is, dan het hy nie
eksterne
> hulp nodig om hom te ondersteun nie. Eerlikheid kom met karakter.
Geen
> kerk of geloof gaan jou karakter kan verander nie.
Daar is niemand wat in homself goed is nie - daar is selfs nie een nie!
Ons
word in sonde ontvang en gebore! En dis nie net die Bybel wat so sê nie,
ook ateistiese sielkundiges sal vir jou sê dat daar niemand is wat
"normaal"
is nie - dat ons met gebreke in ons karakter gebore word!


|