Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: Kolonialism...
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 22 of 51 Topic 470 of 492
Post > Topic >>

Re: Kolonialisme

by "Suidwester" <stahlsb@[EMAIL PROTECTED] > Aug 17, 2006 at 03:14 PM

"Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
news:ec1otk$st5$1@[EMAIL PROTECTED]
>
> As jou universiteit nie jou lewens- en wêreldbeskouing gevorm het nie,
jou 
> krities leer dink, weeg, evalueer en hoe om 'n beginselstandpunt stel
nie, 
> kon jy net sowel nie soheentoe gegaan het nie.  Die kennis kon jy ook
uit 
> boeke gelees het.
-----Nou's jy moedswillig.   Wil jy vir my sê dat 'n ou wat op Tukkies bv.

B.Comm geswot het, is swakker daaraan toe as 'n ou wat op Potch geswot
het? 
Net omdat die PUK CHO agter sy naam het, het jy nou studente wat meer
gerond 
is as elders?

Voorbeelde van sulke mense is legio, bv. die Amerikaanse
> skrywer Louis L'Amour, wat nie eens matriek gehad het nie, maar 'n reuse

> biblioteek in sy studeerkamer en verstommende kennis en skrywerstalent!
-----Ek het 'n oom gehad wat 'n hele gebou se materiaal tot op die fynste 
besonderhede kon uitwerk en hy het nie eers St. 5 gemaak nie.  Net so het
ek 
'n nefie wat besluit het hy mors sy tyd op universiteit en eerder gaan
werk 
het ipv studeer en toe in die aande het hy sy B.Sc in rekenaarwetenskappe
by 
Unisa gedoen.   Toe sy Varsity-pelle 3 jaar later werk kom soek, toe werk 
hulle vir hom.   Dis die ander ding, toepaslike ondervinding is veel 
belangriker as akedemiese kennis.   Soos jy sê, enige mens kan 'n teksboek

lees en as jy die ondervinding het om dit reg te vertolk, is jy veel beter

as die gegradueerde met geen ondervinding nie wat absoluut niks kan doen
om 
sy agterstand in te haal nie.....PRESIES dit wat verkeerd loop met 
regstellende aksie!
>>
> In my tyd is dit "Interfakultêre Wysbegeerte" genoem.
----Presies hy.....
>
>>Dit was 'n lekker slaapperiode
>
> Kan dit goed glo!
> Tog moes jy wel iets waarvan ek praat, daar geleer het, want jy moes die

> vak deurkom om jou graad te kry.
-----Dis mos gorrelgoed daai.   Jy lees hom een keer vinnig en dan praat
jy 
'n klomp twak daaroor.
>
> Weet nou nie wie jou verplig het om kerk toe te gaan nie, maar dit was
nie 
> deel van die PUK se koshuisreëls nie.
-----Dit was nie 'n geskrewe reël nie, maar dis darem van jou verwag.  
Hier 
rondom die eerste jaar werk dit nog......

> Ek sou dit nie juis "genesing" noem dat jy jou rug op die kerk gekeer
het 
> nie.
-----Hang af van waar jy staan, is dit nie?   Ek kon nog nooit die storie 
aanvaar dat iemand vir jou kan voorskryf van wat in die wetenskappe is reg

en wat is nie, gegrond op geloof en nie feite nie.   Geloof is presies dit

wat die woord beteken....jy glo dit is reg, maar jy weet nie presies nie
en 
hoop jy is reg.   Na aanleiding van jou en jou geesgenote se opinie dink 
julle julle is reg en ek gee nie om daarvoor nie.   Wat ek wel mee 'n 
probleem het, is die onverdraagsaamheid van die kerkers wat iemand wat nie

glo soos hy glo nie, veroordeel.

> Baie beslis waarborg christenskap nie eerlikheid en goed wees nie! 
> Christenskap sê dat iemand 'n volgeling van Christus is - d.i. 'n
sondaar 
> wat hom-/haarself nie kan red nie, maar wat sy/haar lewe en verlossing
by 
> Christus soek.
-----Dis juis hier waar my probleem lê.   Jy moet jou verlossing in jou
eie 
karakter soek en ophou vra vir wonderwerke.   Godsdiens is 'n emosionele 
kruk vir die swakkeling.

Maar daar is ook miljoene
> Christene wie se geloof erns is en wat opreg probeer om God se wet te 
> onderhou, al gaan dit dikwels met struikeling en sonde gepaard.
-----En solank jy boetedoening doen en die kerk betaal vir die voorreg,
dan 
is alles fyn vir nog 'n sessie van sonde?   Dis nou daai skoonmaak van 
sondes wat nie vir my lekker sit nie.   Dit klink vir my soos een moerse 
'sales pitch.'   Assuransie maak ook so!
>
> Punt is, Suidwester, Christenskap beteken nie dat iemand sonder sonde of

> volmaak is nie - Christenskap beteken dat mens juis as gevolg van jou 
> sonde verlossing by Iemand anders, nl. Christus, soek.
------Dalk lê die verlossing deur voor sy eie deur skoon te maak?
>
> Ek het jou in 'n ander pos gesê: My ervaring is dat iemand wat 'n slegte

> gewete het, vinnig is om fout by sy opponent te soek.  Kom ek verfyn
dit: 
> Iemand wat iets het om weg te steek, is vinnig om fout by die kerk, die 
> ouderling en die predikant te soek.  Moet dit nie eens probeer ontken
nie, 
> man.  Ek het baie jare se ervaring hiervan!   Ek ken al die simptome. 
Ook 
> dié van kamtig belangstellend my opinie vra oor die sondes van die
vaders 
> wat aan die kinders besoek word waarmee jy my argument oor God wat of
God 
> vir die hele lewe is of gladnie God nie, gesystap het.    Jy kruip 
> gerieflik weg agter jou beskuldigings teen God wat liefdeloos sou wees, 
> die kerk en die ouderling en die predikant wat dan skynheilig sou wees, 
> alles om jou eie onwilligheid om jou te bekeer van jou ingeslane pad, te

> verbloem en/of te regverdig!
-----Nou klink jy soos 'n eerstejaar Tokkelokkie wat al sy 'esse' fluit! 
Jy dink ek wil nie bekeer nie.   Waarheen?   Na jou idees toe omdat jy
dink 
jy is reg?   Hou op om in sinspreke so uit die kerk uit te praat.   Jy pas

jou idees op my toe en glo vas jy's reg.   Ek dink nie so nie.   Ek gun
jou 
jou standpunt.   Besef jy dat jy sonde behoort te doen net die feit dat jy

my oordeel?   Maar dan weer, dinge werk vir julle kerkers mos net een kant

toe.

> Daar is niemand wat in homself goed is nie - daar is selfs nie een nie! 
> Ons word in sonde ontvang en gebore!  En dis nie net die Bybel wat so sê

> nie, ook ateistiese sielkundiges sal vir jou sê dat daar niemand is wat 
> "normaal" is nie - dat ons met gebreke in ons karakter gebore word!
-----Weereens jou kerklike slagspreke en uitsprake.  Wat ek vir jou
probeer 
sê het, is dat as 'n ou nie jul geloof aanhang nie, beteken dit nie dat hy

noodwendig sleg is nie!   Ek oordeel niemand as hy kerk toe gaan
nie.....gun 
jy my dieselfde respek?   Of kom staan jy namens jou kerk ook maar bakhand

vir die geldjie wat die goddelose vir die kerk gee?
>
>
 




 51 Posts in Topic:
Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-04 05:01:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-04 15:08:11 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-10 13:52:52 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:51:20 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-11 15:32:20 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-11 11:40:10 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 09:37:04 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:32:08 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-08 15:40:07 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-08 08:20:37 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 14:23:19 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:23:15 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 09:50:33 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 11:27:17 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 14:11:36 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 10:08:10 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:47:18 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 12:06:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:39:39 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:53:18 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 15:14:33 
Re: Kolonialisme
"Annette" <a  2006-08-31 11:26:15 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 11:34:14 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:43:13 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:55:42 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-09 06:50:57 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:03:48 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:33:35 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 07:58:19 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 08:13:43 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 16:36:51 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-09 22:57:17 
Re: Kolonialisme
"Deneile" <d  2006-08-10 08:25:02 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-10 14:04:44 
Re: Kolonialisme
"Otterkop" <  2006-08-11 06:42:11 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:31:55 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 02:12:54 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:38:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:54:15 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-10 21:58:29 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:54:52 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:58:37 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:47:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-13 05:13:27 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:17:53 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 09:00:52 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:51:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:28:10 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-17 04:34:13 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 8:16:13 CST 2008.