Vlok het nou met die voete-wassery begin. Frank Chikane het dit aanvaar
- maar nou word daar vrae gevra. En tereg ook.
M.i. is Vlok se gebaar 'n baie persoonlike "ding".
Baie swartes glo dat die verskoning nie so simplisties gesien moet word
nie.
Blankes begin wonder om 'n verskoning nodig is - gesien teen die
vergrype van die huidige ANC./SAKP/COSATU-bewind.
Miskien is swart/wit-verhoudinge op 'n mespunt - waarheen nou?
Mandela se stem het vervaag. Waar staan Zuma in hierdie situasie?